Loading Events

« All Events

  • This event has passed.
Sep 9

Lente Oggendtee vir Suid-Afrikaans Dames in Melbourne

September 9, 2023 @ 9:00 am - 12:30 pm

35$

Hendrika Jooste, Immigrasie en Kulturele Integrasie Afrigter (The Migrant Whisperer), en Dr. Christina, ‘n Persoonlike en Professionele Leierskapafrigter, nooi hiermee alle Suid-Afrikaanse dames uit om op Saterdag, 9 September 2023, deel te wees van ons eerste dames lente oggendtee, hier in die Ooste van Melbourne.

Kom kuier lekker saam met ons en gebruik die geleentheid om nuwe vriendinne te ontmoet, ‘n bietjie bederf te word en jou hart se tenkie vol te maak deur gesellig saam te verkeer in jou eie taal en kultuur.

Ons gasspreker is Onida Weir, wie se hart na 16 jaar uit Suid-Afrika, nog steeds ekstra sterk klop vir Suid-Afrikaners oorsee. Onida is ‘n pastoor by Bayside Church Melbourne, en verstaan die lief en leed van emigrasie. “Die tuin van jou hart”, het Onida spesiaal geskryf om op die lente oggend met ons te deel, sodat ons elkeen kan floreer, hier waar ons nou geplant is, in Melbourne.

Wat beplan ons alles vir die oggend?
⁃ ’n Gasvrou, wat jou sal verwelkom by haar pragtige tafel, ander dames aan jou sal voorstel en al jou vrae sal beantwoord.
⁃ Heerlike versnapperinge, vars gebak en ‘n warm koppie tee of koffie.
⁃ ‘n Bederfsakkie propvol gratis produkte, spesiale promosies en afslagkoepons om jou aan Australiese produkte en besighede, maar ook Suid-Afrikaanse besighede hier in Melbourne, bekend te stel.
⁃ ‘n Netwerkgeleentheid om ander dames met dieselfde belangstellings, in jou beroep of soortgelyke beroepe te ontmoet, wat ook woon aan die kant van die stad.
⁃ Uitstallers wie se produkte daar en dan aangekoop kan word.
⁃ ‘n Prystrekking van geskenke van ons uitstallers en/of borge.
⁃ Kinderversorging indien jy niemand het wat na jou kinders kan kyk nie.
⁃ Boereworsrolle en poeding sal te koop wees, sodat jy nie nog oor middagete of aandete vir jou gesin bekommerd hoef te wees nie.

Ons wil veral die dames wat die afgelope paar jaar nuut in Australië aangekom het, aanspoor om die geleentheid by te woon.

Ons is baie dankbaar vir die volgende borge wat ons alreeds ondersteun:
– Officeworks (Ringwood)
– Woolworths (Eastland, Ringwood)
– Coles (Eastland, Ringwood)
– BIG W (Eastland, Ringwood)
– Sweetas (Eastland, Ringwood)
– Toyworld (Eastland, Ringwood)
– Priceline Pharmacies (Eastland, Ringwood)
– Hoyts Cinemas (Eastland, Ringwood)
– Annemarie’s Cakes
– Cosmetic Skin Co

Indien hierdie geleentheid goed ondersteun word sal ons nog sulke geleenthede in die toekoms aanbied (nie net in die Ooste van Melbourne nie).

Ons besef ook dat daar ‘n groot behoefte vir ons mans is, om ook so van tyd-tot-tyd ‘n bietjie met ander mans te gesels, bederf te word of net ‘n wegbreek nodig het. Ons werk aan ‘n plan vir hulle ook.

Details

Date:
September 9, 2023
Time:
9:00 am - 12:30 pm
Cost:
35$
Website:
https://events.humanitix.com/lente-oggendtee-vir-suid-afrikaanse-dames

Venue

Christian Reformed Church of Wonga Park
251 Yarra Road
Wonga Park, Victoria 3115 Australia
+ Google Map
Phone
(03) 9722 1044
View Venue Website

Organizer

Floreer Oorsee
Phone
0487 232 303
Email
hendrika.jooste@migrantwhisperer.com
View Organizer Website

Responses